Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 02 SEPTEMBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE SARL NASIONALE VELDDAG VOLGENDE NAWEEK

BHF/UHF DAG BY DIE NARS

en

CQ HOU KOERS EN JOTA VRA HULP

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL NASIONALE VELDDAG VOLGENDE NAWEEK

Die tweede been van die SARL Nasionale Veld dag is van 10:00 UTC op Saterdag 8 September tot 10:00 UTC op Sondag 9 September 2018 op die lug met gelykgolf, foon, PSK en RTD aktiwiteit op 160 tot 10 meter. Die uitruiling is die aantal senders, die Velddag bedryfsklas en die provinsiale afkorting. Jy kan 'n SOTA, ZSFF en/of IOTA verwysings nommer in die uitruiling insluit. Die stuur van 'n RS of RST verslag is opsioneel - dit het niks met die telling te doen nie.

Jy kan deelneem as Klas A - Veldstasie, Multi-operateur; Klas B - Veldstasie, Multi-operateur, QRP; Klas C - Veldstasie, Enkel operateur; Klas D - Veldstasie, Enkele Operateur, QRP; Klas E - Ultra Lig Draagbaar of Klas F - Algemene Stasies. Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsomming blad genaamd "my roepsein NFD," moet ingedien word teen 10 September by contest@sarl.org.za. Sluit asseblief 'n foto (s) van die stasie in werking (JPG-formaat) met jou log inskrywing in.

Die reëls is in die 2018 SARL Blouboek sowel as die September-uitgawe van Radio ZS.

BHF/UHF DAG BY DIE NARS

Die SARL in samewerking met AMSATSA hou op Saterdag 20 Oktober 2018 'n BHF/UHF werkswinkel by die Nasionale Amateur Radio Sentrum. Hierdie is 'n gevorderde kennisgewing en 'n uitnodiging vir referate en aanbiedings. Belangstellende skrywers word genooi om 'n samevatting van hul referaat en aanbieding teen 15 September 2018 te stuur aan vhfnews@sarl.org.za.

RADIO ZS SEPTEMBER 2018

Die September 2018-uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die voorblad van die SARL webwerf by www.sarl.org.za en is beskikbaar vir lede en nie-lede. In hierdie uitgawe kan jy lees oor 'n geheimsinnige Gelykgolf boodskap, die YOTA 2018-geleentheid wat in Augustus hier in Suid-Afrika gehou word, Diégo, F4HAU vertel die 3B7A-storie op die Saint Brandon- eiland groep. Daar is twee stories oor die 2018-vuurtoring-naweek. John, ZS5JF praat oor SWR - die volgehoue mite en jy kan 'n lys kry van lande wat toegang tot 5 MHz het.

CQ HOU KOERS VRA HULP

CQ Hou Koers is 'n jaarlikse geleentheid waar Voortrekkers die geleentheid kry om per amateur radio met ander Vories en Scouts van regoor Suid-Afrika en Namibië te gesels. Dit is ook 'n kans om vaardighede te oefen wat vereis word vir kentekens soos Radio-amateur. Dit gee kinders blootstelling aan ons interessante tegniese en wetenskaplike stokperdjie wat stimulerend kan wees ten opsigte van loopbaan keuses.

CQ Hou Koers 2018 vind op 20 Oktober plaas. Bied gerus jou hulp aan, daar is talle Voortrekker groepe wat graag sal wil deelneem. Tans word daar spesifiek gesoek na 'n radio-amateur wat die Koersvas Voortrekkers in Brits kan help. Stuur gerus n e-pos na orionvoortrekkers@gmail.com

JOTA HULP BENODIG

Richard, ZS6RKE, die nasionale JOTA-koördineerder sê dat die 1ste Plettenbergbaai Padvinder-groep op soek na 'n paar radio amateurs is om die naweek van 19 tot 21 Oktober 'n JOTA-stasie op te rig. As jy belangstel in enige ander gebied in Suid-Afrika, laat weet my asseblief en ek sal jou in kontak bring met 'n groep naby jou. Dit is nie n nodig om die hele naweek op die lug te wees nie, maar Saterdag is die belangrikste dag. Kontak my asseblief per e-pos by richard.hooper@scouts.org.za

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

VELE ONBEANTWOORDE VRAE OOR VERLEDE NAWEEK SE SON VERSTEURING

Die afgelope naweek het radio amateurs berig dat hulle tye van radio verduistering ervaar het wat 24 uur geduur het. Wanneer 'n sterk genoeg sonfakkel ontstaan, word ionisasie in die onderste, meer digte lae van die ionosfeer (die D-laag) geproduseer en radiogolwe wat met elektrone in lae inwerk, verloor energie as gevolg van die meer algemene botsings wat in die hoër digte omgewing van die D-laag voorkom. Dit kan veroorsaak dat HF radio seine afgegradeer of volledig geabsorbeer word. Dit lei tot 'n radio verduistering, die afwesigheid van HF-kommunikasie, wat hoofsaaklik die 3 tot 30 MHz-band beïnvloed.

HamSci (Hamradio Science Citizen Investigation) is 'n VSA-gebaseerde groep radio amateurs en wetenskaplikes wat saamwerk om verskeie aspekte van radio wetenskap te bestudeer. Tydens die naweek se gebeurtenis het hulle bevind dat die son- en planetêre velde verenig het en 'n gat geskep het wat plasma in die magnetosfeer van die planeet laat in kom en ernstige auroras geskep het.

Die vinniggroeiende sonvlek (AR270) het sy polariteit omgekeer, wat dit as die eerste sonvlek van die volgende siklus sal verbind. Die sonsiklus is gemiddeld 11 jaar. Die huidige siklus (siklus 24) het nog ongeveer 2 jaar om te gaan voordat dit na verwagting sy minimum sal bereik en siklus 25 sal begin. Die vraag wat HamSCI vra, is dit net 'n enkele gebeurtenis is of gaan ons werklik in siklus 25 in?

Wat ook al die aarde getref het was nie proton vloed wat met CME's en koronale gate geassosieer word. Die storm is geskep deur vinnige druk van die aarde se magnetiese veld en die skielike vrystelling van magnetiese druk vanaf die son. Hierdie sleepslag het 'n vakuum geskep wat die plasma om die planeet in gesuig het en op dieselfde tyd het die geomagnetiese aktiwiteit tot G3-vlak (sterk) gestyg.

Onlangs het die Suid-Afrikaanse Radioliga en AMSAT SA kragte saamgespan om HamSCI SA te stig om samewerking tussen radio-amateurs en wetenskaplikes in Suid-Afrika in die radio wetenskap te bevorder. Tans is die twee organisasies betrokke by 'n 5 MHz-voortplanting studie en werk aan 'n monitering stelsel om die toenemende HF-geraasvloer vlak te bestudeer, wat vererger word deur die produktiewe gebruik van beligting en laai-stelsels wat nie voldoen aan internasionale ooreengekome standaarde nie.

DIE ARRL 2019 HANDBOEK SAL IN 'N SES VOLUME BOKS-STEL WEES

Die ARRL sal die ARRL 2019 Handboek in ʼn boks-stel bekend maak. Dit word in ses volumes verdeel en kom in 'n aantreklike, harde sak, vir maklike berging en toegang. Elke volume is meer hanteerbaar om te blaai en te lees. Die aanlyn-boekwinkel van die Amateur Radio Ontwikkelingstrust sal begin bestellings neem vir aflewering teen die einde van Oktober 2018. Vir meer inligting, besoek www.amateurradio.org.za.

UITSLAE VAN DIE 2018 SARL YL NAELLOOP

Die kompetisie komitee het agt logstate ontvang vir die SARL YL Naelloop gehou op 9 Augustus.

1ste Alta Gaybba, ZR3PA en Sonet de Wet, ZS3SW - 113 punte
3de Jocelyn Hallendorff, ZS6JKL - 97 punte
4de Karin Andrew, ZS6MMA - 96 punte.

UITSLAE VAN DIE SARL HF DIGITALE KOMPETISIE

Die kompetisie komitee het vyf Logstate logboeke ontvang vir die SARL HF Digitale kompetisie gehou op 19 Augustus.

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 160 punte
2de Mike Alberts, V51MA - 90 punte
3de Pieter Jacobs, V51PJ en Thanie Gibson, ZS4AZ - 82 punte
5de Eugene Lindemann, ZR4EM - 48 punte

Die hoogste telling op 'n enkelband was Jan Botha, ZS4JAN met 88 punte op 20 meter.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek vir die volgende paar weke:

3 September - die sluitingsdatum vir HF Gelykgolf logstate
8 en 9 September - die SARL Nasionale Velddag
15 September - die Oos-Randse Tak Algemene-jaarvergadering
15 en 16 September - die Afrika Alle Modusse Internasionale DX kompetisie en die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie
16 September – die registrasie vir die Oktober RAE sluit
17 September - die sluitingsdatum vir Nasionale Velddag logstate
24 September - die sluitingsdatum vir BHF/UHF Digitale logstate en vir artikels vir die Oktober Radio ZS
29 en 30 September - die CQ Wêreldwye RTD kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die tweede been van die SARL Nasionale Velddag is van 10:00 UTC op Saterdag 8 September tot 10:00 UTC op Sondag 9 September 2018 op die lug met gelykgolf, foon, PSK en RTD aktiwiteit op 160 tot 10 meter. Die uitruiling is die aantal senders, die Velddag-bedryfsklas en die provinsiale afkorting. Jy kan 'n SOTA, ZSFF en/of IOTA verwysingsnommer in die uitruiling insluit. Die reëls is in die 2018 SARL Blouboek sowel as die September-uitgawe van Radio ZS.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003